Skip to product information

1001 Grappe

Regular price R 280.00
Sale price R 280.00 Regular price R 280.00
Tax included.

Author: Jaco Jacobs

ISBN: 9780799373981

Wat is klein en rooi en kan dadelik vir jou se wat 578 x 346 is? ’n Tamatie met ’n sakrekenaar. Wat is bruin en harig en maak op volmaannagte “pie-po-pie-po”? ’n Brandweerwolf. Wat is deurskynend en ruik soos wortels? ’n Hasie-burp. Wat het gebeur met die seesiek lemoen? Hy’t ’n naartjie geword. Wat is die toppunt van stadig? As jy ’n uur vat om tweeminuut-noedels gaar te maak. Lus om die jongklomp te laat lag? Hierdie lawwe versameling met 1 001 grappe sal kinders ure lank laat skaterlag. Daar is blondinegrappe, skoolgrappe, grillerige grappe, gloeilampgrappe, lawwe rympies, snaakse se goed, kopkrappers en olifantgrappe. Ure se pret gewaarborg!

READ MORE