Skip to content

Bedorwe Skoonheid: Joey Superster (Paperback)

by Margaret Gardiner
ISBN: 9781067234447
Product in Stock: Yes
Original price R 275.00 - Original price R 275.00
Original price R 275.00
R 275.00
R 275.00 - R 275.00
Current price R 275.00
Add to Wishlist

‘n STYLVOLLE SEXY LOKETTREFFER

Welkom in die wêreld van die model Joey Superster – ‘n warrelwind van kokaïen, seks en geld.

Dit lyk asof Josephine Brinkley alles het: Sy is ‘n superstermodel in Amerika tydens die 1980’s, ‘n voorbladmeisie wat kaal op mode-advertensieborde bo Sunset Boulevard pryk.

Vroue wil soos sy wees. Mans wil haar eenvoudig net hê.
Maar onder die blink lagie fineer skuil ‘n traumatiese verlede. Die einde van haar huwelik met die Italiaanse aristokrasie het gelei tot ‘n tydperk in rehabilitasie. Met haar terugkeer na partytjies, premières en modelwerk, hoop sy dat ‘n lewe van ontwerpersklere en glansmense haar nie weer op haar ou weë sal terugneem nie. As sy maar net werklik gesien, gehoor en verstaan kon word, sou sy dalk nie weer op ‘n pad van selfvernietiging gaan nie.

Joey wil die oorsaak van haar wilde, ongetemde gedrag konfronteer – maar moet toegee dat ‘n daad uit haar jeug by haar spook. Terwyl Joey veg van verslawing tot verlossing, kan sy die rigting van haar lewe verander, haar donker verlede hanteer en die superster word wat sy altyd bestem was om te wees?

Die voormalige Mej. Heelal, Margaret Gardiner, gee lesers die sleutel tot geheime wêreld van supermodelle, seks, styl en skandaal in haar heerlik meesleurende debuut, Joey Superster, die eerste in ‘n opwindende Bedorwe Skoonheid-reeks.

x

x