Skip to content

Daardie Lewe: Karel Schoeman (Hardcover)

by Ria Winters
ISBN: 9781485315674
Product in Stock: Yes
Original price R 850.00 - Original price R 850.00
Original price
R 850.00
R 850.00 - R 850.00
Current price R 850.00
Add to Wishlist

Karel Schoeman is een van die belangrikste skrywers wat Suid-Afrika nog opgelewer het, danksy die gehalte, verskeidenheid en omvang van sy oeuvre, wat verskeie literêre subgenres, geskiedskrywing en vertalings insluit. Vir Daardie lewe het Ria Winters bronne geraadpleeg wat nog nie voorheen benut is nie. Schoeman het sy navorsingsnalatenskap aan talle argiewe en institute bemaak en sy het die meeste hiervan opgespoor. Die “biografie” is gebaseer op haar argiefsoektogte, koerantartikels en persoonlike korrespondensie. Sy gee ook aandag aan Schoeman se boeke en sy outobiografiese aantekeninge in Die laaste Afrikaanse boek. Hierdie outobiografie het egter in 2002 verskyn en het nie sy laaste 18 lewensjare ingesluit nie. Winters se doel was om Schoeman se lewe en sy skryfwerk teen die agtergrond van die verloop van die Suid-Afrikaanse geskiedenis na te speur. Daar is heelwat foto’s, volledige eindnote en ’n bronnelys van primêre en sekondêre bronne.

x

x