Skip to content

A, B, C van Suid-Afrikaanse baanbrekervroue, Die

by Ambre Nicolson
ISBN: 9780799396980
Product in Stock: Yes
Save 36% Save 36%
Original price R 200.00
Original price R 200.00 - Original price R 200.00
Original price R 200.00
Current price R 129.00
R 129.00 - R 129.00
Current price R 129.00
Add to Wishlist
Hierdie is nie 'n gewone A tot Z boek nie …

Met elke letter van die alfabet vereer hierdie boek die bydrae van vroue tot Suid-Afrika se verlede, hede en toekoms. Met behulp van kort, maklik leesbare biografieë en illustrasies, wat so helder en vol vernuf is soos die vroue wat dit uitbeeld, deel hierdie boek die lewensverhale van 26 Suid-Afrikaanse rebelle, kunstenaars, moeilikheidmakers, atlete, dansende divas en vryheidsvegters.

Hierdie boek is iets van ʼn Suid-Afrikaanse weergawe van Rad American Women en Good Night Rebel Girls, maar met ʼn eie tuisgemaakte smaak van buitengewone vroue.

Ambre Nicolson is ʼn skrywer en redakteur woonagtig in Kaapstad. Voor en na die verwerwing van grade in Engels en joernalistiek aan die Rhodes-universiteit, was sy ʼn skoonmaker in Londen, ʼn muurskilder in Barcelona, ʼn taalstudent in Sjanghai, ʼn boeknavorser in New York, ʼn onderwyser in Taipei en ʼn tydskrifredakteur in Kaapstad. Sy is ook ʼn redakteur van die storievertelling-publikasie, Molo.

x

x