Skip to content

Die Faraoblom (Paperback)

by Marko van der Collf
ISBN: 9781997476153
Product in Stock: Yes
Original price R 345.00 - Original price R 345.00
Original price
R 345.00
R 345.00 - R 345.00
Current price R 345.00
Add to Wishlist

Die roman volg Adriaan van der Colff, ’n sjirurg wat ’n handelsreis na Batavia onderneem  om te ontvlug van ’n mislukte huwelik en Europa wat in oorlog gewikkel is.

Sy reis word onderbreek wanneer sy skip in Desember 1805 by die Kaapkolonie aankom –  op die vooraand van die Britse oorname.

Aan die Kaap word Adriaan gekonfronteer met politieke spanning, morele teenstrydighede en die sosiale werklikhede van die koloniale lewe, insluitend slawerny en magsverskuiwing.

Die faraoblom is die simbool van nuwe lewe wat in die Kaap blom, ondanks verskeie faktore  en uitdagings.

Teen hierdie historiese agtergrond ondersoek die roman temas soos verlies en die soeke na ’n tuiste deur vlugtelinge en ander ontheemdes.

Wanneer die verhaal eindig, bly Adriaan se toekoms onseker – vasgevang tussen historiese kragte groter as hyself en die moontlikheid van ’n nuwe koers.

x

x