Skip to content

Die Vreemde Einde Van 'n Koerant (Paperback)

by Bernard Beukman
ISBN: 9781067234850
Product in Stock: Yes
Original price R 275.00 - Original price R 275.00
Original price R 275.00
R 275.00
R 275.00 - R 275.00
Current price R 275.00
Add to Wishlist

Op Donderdag 13 Junie 2024 het die nuus op die sakenuuswebwerf Moneyweb gebreek: Media24 gaan die dagblad Beeld, asook drie ander titels, Rapport, Daily Sun en City Press sluit. Volgens die Moneywebjoernalis Jeremy Maggs, sou “die besluit lesers en die SuidAfrikaanse mediabedryf skok.”

Lesers, redaksielede en adverteerders moes toekyk hoe ‘n vreemde en teenstrydige reeks gebeure rondom die sluiting afspeel. Barnard Beukman probeer van die onbeantwoorde vrae beantwoord. Ook deur heelwat te onthul van wat in die gange en raadsale van Media24 en Beeld afgespeel het en beskryf die openbare wipplankrit van ses maande, om die koerant te sluit, wat gevolg het.

Agter die skerms het dit tot die afgryse van die maatskappy geblyk dat adverteerders hul goed begin vat loop en miljoene rande se inkomste aan Media24publikasies onttrek het. Gevolglik het die koppe onder Media24bestuurslui, wat die koerantsluiting moes bestuur, begin rol. So fel het die openbare diskoers oor die sluiting van Beeld en ander koerante gewoed, dat Media24 se interim uitvoerende hoof, Raj Lalbadhur, dit in ‘n brief aan personeel as die hoofrede aangevoer het waarom die maatskappy nie in 2024 sy halfjaarlikse winsbegroting behaal het nie.

x

x