Skip to product information

Diereriem (Paperback)

Regular price R 370.00
Sale price R 370.00 Regular price
Tax included.

Author: Etienne van Heerden

Imprint: Tafelberg Publishers Ltd

Binding / Format: Paperback / softback

Publisher: Tafelberg Publishers Ltd

Page Count: 560

ISBN: 9780624096849

Tydens hul studentejare word drie Stellenbosch-studente gewerf as agente vir die geheimsinnige "Diereriem": Jannie Benade, later bekend as Alfa, wat tot skatryk internasionale speler ontwikkel, Carl Goedhals, gladde Karooseun-Casanova, en die introvert Antonie Vermeulen, kodenaam Muskeljaatkat. 'n Kampustragedie verbind die drie onlosmaaklik aan mekaar. Dis die verhaal van Muskeljaatkat, wat 'n hoogs geheime, grillerige opdrag vir Alfa moet uitvoer. Muskeljaatkat is emosioneel geknak deur sy vrou, Samantha, se dood, en hy is hopeloos verlief op die briljante Cambridge-navorser Mei Hui. Sy lojaliteit aan haar, asook Alfa se agendas, dryf hom voort van Zimbabwe na Portugal, van Malta na Italie, van Frankryk na Turkye, stuur af op 'n verrassende openbaring op die eiland Prinkipo en sluit af in Istanboel. 'n Pakkende literere spioenasieverhaal, tragiese liefdesverhaal, reisverhaal en biegroman, Diereriem is 'n grootse werk, 'n verrassende wending in Van Heerden se reeds bree oeuvre.
READ MORE