Skip to content

Elf Dae in Amsterdam (Paperback)

by Elizabeth Wasserman
ISBN: 9780624093329
Product in Stock: Yes
Original price R 230.00 - Original price R 230.00
Original price R 230.00
R 230.00
R 230.00 - R 230.00
Current price R 230.00
Add to Wishlist
Millie is die middelste van vyf kinders, en wanneer sy die kans kry om vir ’n “week of wat” na Amsterdam te gaan om na haar oer-oue tante te gaan kyk terwyl dié aansterk na ’n knie-operasie, gryp sy die kans aan.

Maar die wêreld sukkel steeds om te herstel na die COVIDpandemie, en alles is nog meer deurmekaar as gewoonlik. Uit die staanspoor word haar droom van ’n idilliese wegbreek-kans beduiwel toe haar tante langer in die hospitaal moet aanbly. Sy moet alleen klaarkom in die smal huis in die Rattengracht.

Boonop is daar die storie wat haar ma haar vertel het voor haar vertrek: Ouma Tina is as jong meisie baie skielik uit Europa weg, in die middel van die Tweede Wêreldoorlog. Van daardie tydperk in die geskiedenis weet Millie min. Wat haar betref is Europa ’n ander heelal, en daar is oorgenoeg om te sien en te doen. Wat traak die verlede se probleme al die opwindende moontlikhede van vandag?

Sy het wel haar ouma se dagboek saamgebring. . . dalk kan sy tog die storie ontrafel.

x