Geknelde Land (Paperback)
Hoe gebeur dit dat 'n hele gevestigde gemeenskap sy tentpenne uitruk en die wildernis intrek? In Geknelde land gee FA Venter 'n diep-menslike antwoord op die en ook op baie ander vrae oor die Groot Trek. Dit is die verhaal van die Dreyer-gesin van Grensplaas en vertel van die ontberings en terugslae wat die boeregesin moes verduur voor hulle uiteindelik ook besluit om te trek. Die hooffiguur, Rudolf Dreyer, weier aanvanklik om sy plaas te verlaat, selfs nadat dit verwoes is. Geknelde land is 'n uitbeelding van die konflik in Rudolf se gemoed en die stryd wat hy met sy medemens en met homself voer voordat hy tot 'n besluit gedwing word.