Hart Sonder Hawe (Paperpack)
Couldn't load pickup availability
Author: Joan Hambidge
ISBN: 9781485316367
Hart sonder hawe voltooi die vierluik wat begin het met Die Judaskus in 1998, Kladboek in 2008 en Stasies in 2023.
Die roman vertel die storie van ’n skrywer wat sukkel om vrede te maak met die dood van ’n vriend met wie sy ’n intense maar ingewikkelde verhouding gehad het. Ná sy afsterwe word sy gedwing om haar gemengde gevoelens te verwerk, veral omdat hulle vir twee jaar voor sy dood nie meer kontak gehad het nie.
Die verwerking van haar verlies speel af teen ’n agtergrond van haar ervaring van die skryfproses, sowel as filosofiese en literêr-teoretiese nadenke, verweef met herinneringe aan haar jeug, oorsese reise, mislukte liefdesverhoudings, ensovoorts.
Fourie Botha som die roman as volg op: “Uiteindelik word die boek ’n besinning oor rou, geheue en die kompleksiteit van menslike verhoudings. Dit wys hoe skryf ’n manier kan wees om sin te maak van verlies, om vrede te probeer vind met dit wat onopgelos bly. Die verhaal raak ’n meditasie. Hoe bly jy voortbestaan sonder afsluiting? Hoe skep jy betekenis ‘after the fact’?”
