Henriette Grove: Die Waarheid Verdig (Paperback)
Couldn't load pickup availability
Author: H. P. Van Coller
ISBN: 9781485316404
Henriette Grové is een van ’n handjievol skrywers wat meer as een keer bekroon is met die gesogte Hertzogprys. Tog word sy nie tot die beweging van Sestig gereken nie, hoewel haar werk al die tipiese kenmerke van hierdie beweging toon. In hierdie bundel word haar werk en plek binne die Afrikaanse literêre veld herwaardeer én word verklarings aangebied vir hierdie onderskatting. Twee hoofstukke oor haar eggenoot, prof. A.P. Grové, is ingesluit om te wys dat persoonlike verhoudings en netwerke ’n beslissende rol speel in literêre kanonisering.
Hierdie huldigingsbundel is die 18de in die reeks van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns wat skrywers huldig wat die Hertzogprys ontvang het. Nuwe beskouings met interessante perspektiewe in leesbare, helder styl word aangebied deur die bydraers H.P. Van Coller, Thys Human, Marian Human-Nel, Lelia Bester, Anthea van Jaarsveld, Joanita Erasmus-Alt en Daniel Hugo.
Vir die eerste keer in hierdie reeks word ’n stuk musiek as “herskrywing” of huldeblyk ingesluit. ’n Fotobylaag gee ’n visuele beeld van Grové se lewe en werk, en ’n uitgebreide bibliografie maak die boek onmisbaar vir lesers wat meer wil uitvind, en ook vir studente en navorsers.
