Imago
Regular price
R 320.00
Sale price
R 320.00
Regular price
Unit price
/
per
Tax included.
Author: Rene van Zyl
Imprint: LUCA
Binding / Format: Paperback / softback
Publisher: LAPA Publishers
Page Count: 272
ISBN: 9781779881465
Karieka Botha verhuis na 'n onbekende strandhuis op Malbaartjie wat haar predikantman, Martin, aan haar nagelaat het na sy dood. 'n Huis waarvan sy nooit geweet het nie. Hier moet sy alleen probeer leef na jare van trauma: die dood van haar ouers aan Covid, die verlies van haar vyfjarige seun, Thinus, wat met breinskade gebore is, en Martin se noodlottige ongeluk, wat haar in 'n senu-inrigting laat beland het.
Karieka is 'n violis wat grootgeword het in 'n streng Verbondskerk, 'n geloofstradisie wat 'n beeld van 'n harde, veroordelende God gevorm het. Karieka se skoonouers, 'n afgetrede predikantspaar, het haar nooit goed genoeg gevind nie, en selfs haar liefde vir musiek is as sonde beskou.
Op Malbaartjie hoop Karieka om haarself in stilte te herontdek, maar sy word ingetrek in die lewens van 'n sonderlinge groep buitestanders - onder andere 'n Noorweegse buurman met 'n tronkverlede, 'n swanger tiener, 'n eksentrieke ouma en 'n kaalvoet eks-dominee wat haar aan 'n genadige God bekendstel.
Dan begin vrae oor Martin haar teister: Waarom het hy die strandhuis geheim gehou? En wie was die vrou wat saam met hom gesterf het en wie se klere steeds in sy hangkas hang?
Imago is die verhaal van 'n vrou wat God se stem en haar eie musiek verloor het, en dit weer op die vreemdste plekke ontdek. Dit is 'n reis van vrees na vryheid, van skuldgevoel na vrede, en die ontdekking van haar eie unieke beeld van God, Imago Dei.
===
Karieka Botha moves to an unfamiliar beach house in Malbaartjie, left to her by her late husband, Martin a minister. A house she did not know about until after his death. Here, she must attempt to live alone after years of trauma: the death of her parents from Covid, the loss of her five-year-old son, Thinus, who was born with brain damage, and the fatal accident involving Martin that led to her own breakdown and institutionalisation.
Karieka is a violinist who grew up in a strict Covenant Church, a faith tradition that shaped her perception of a harsh, judgmental God. Her in-laws, a retired minister and his wife, never considered her good enough, and even her love for music was viewed as sinful.
At Malbaartjie, Karieka hopes to rediscover herself in solitude, but she finds herself drawn into the lives of a peculiar group of outsiders - including a Norwegian neighbour with a criminal past, a pregnant teenager, an eccentric grandmother, and a barefoot former minister who introduces her to a God of grace.
Then, questions about Martin begin to haunt her: Why did he keep the beach house a secret? And who was the woman who died alongside him, the woman whose clothes still hang in his wardrobe?
Imago is the story of a woman who lost both God's voice and her own music, only to rediscover them in unexpected places. It is a journey from fear to freedom, from guilt to peace, and the discovery of her own unique image of God: Imago Dei.
READ MORE
