Jagspinnekop (Paperback)
PRE-ORDER NOW! The estimated release date is 31 August 2026. Please note your complete order will only ship once the Pre-Order item becomes available.
Moeg vir ’n koue bed? Ons ken net die plek.
Smooch is ’n gewilde platform vir mense opsoek na ... meer. Daar kan jy wees net wie jy wil. Sê net wat jy wil. Flankeer met wie jy wil.
Maar Suzette Fourie weet daar is ’n donker kant aan hierdie interaksies. As profileerder weet sy van die moorde. Vrouens uit die voorstede van Kaapstad. Elkeen ongelukkig met hulle liefdeslewe. Elkeen vermoor en gevind in ’n veld. Elkeen gemerk met die grillerige kenteken van die moordenaar.
Die media noem hom die Jagspinnekop. En Suzette weet hy gebruik hierdie platforms as sy jagveld. Dis waar hy weerlose vrouens opspoor. En sy aptyt blyk eindeloos. Nou moet sy hom plattrek voor hy sy tande in die volgende slagoffer kan slaan.
Jagspinnekop is ’n onheilspellende spanningsverhaal vir die moderne era wat diep onder jou vel in gaan kruip.