Skip to content

Katrien se geskenke uit die kombuis

by Katrien van Zyl
ISBN: 9781928376187
Product in Stock: Yes
Sold out
Original price R 120.00 - Original price R 120.00
Original price R 120.00
R 120.00
R 120.00 - R 120.00
Current price R 120.00
Hierdie boek bevat getoetste en vertroude resepte vir smullekker geskenke uit jou eie kombuis - vir koeke, poffertjies, terte, snoephappies en vulsels met verskeie variasies, tesame met etlike laekoolhidraat-, hoevetresepte vir die wat spesiale diete volg (Banting, keto, paleo, glutenvry, suikervry). Baasbakker Katrien van Zyl fokus hoofsaaklik op maklike, flatervrye resepte wat vinnig gemaak kan word, sonder 'n gesoek na vreemde bestanddele. Die moeiliker tegnieke word stapsgewys met duidelike foto's geillustreer wat dit doenbaar maak vir enigiemand wat aanwysings kan volg. Katrien deel ook idees vir die verpakking van die lekkernye, en verduidelik hoe jy houers kan herwin en versier om by enige geleentheid te pas. Daar is hope praktiese wenke en inligting oor hoe lank hierdie geskenkies by kamertemperatuur vars bly, asook hulle vriestydperk. Dit is ideaal as jy reeds lank voor 'n geleentheid wil begin bak en brou. Die boek is ryklik geillustreer met pragfoto's wat demonstreer dat van die mooiste geskenke uit jou kombuis kan kom. Dit bevat werklik iets vir almal, of jy nou die een is wat die bakwerk doen, of die een aan die ontvangkant van 'n heerlike, keurig verpakte smulhappie.

x

x