Klipkoud (Trade Paperback)
In Klipkoud kyk sy weer na die dossiere van vermiste mense. Sy heroorweeg die leidrade en luister weer na die onderhoude wat sy gevoer het. Baie van hierdie inligting is nog nooit voorheen bekendgemaak nie.
In ’n poging om ’n mate van afsluiting te bied aan die slagoffers se geliefdes, laat val Engelbrecht die soeklig op sowel ou as nuwe onopgeloste sake. Hierdie sake wissel van ’n onbekende vrou wie se oorskot onder ‘n swembad ontdek is tot ‘n jong man wat deur
die gevangenisstelsel se krake geval het; van ‘n sakereis wat dodelik ontaard het tot ‘n meisie wat reg voor haar huis ontvoer is.
Engelbrecht neem die leser saam in haar deurtastende soeke na die waarheid.