Skip to content

Kroelwerk Met 'n Kinkel: Nuwe Idees Met Jakobeaanse Borduurkuns

by Hazel Blomkamp
ISBN: 9781920479251
Product in Stock: Yes
Save 30% Save 30%
Original price R 99.00
Original price R 99.00 - Original price R 99.00
Original price R 99.00
Current price R 69.30
R 69.30 - R 69.30
Current price R 69.30
Add to Wishlist
Of jy dit nou kroelwerk of Jacobeaanse borduurwerk noem, hierdie vryhandborduurwerk word al eeue lank beoefen en is vandag nog gewild onder kunsnaaldwerkers. Danksy die aard van die motiewe en die tradisie om baie steke in een projek te gebruik, is hierdie borduurvorm ideaal vir skeppende uitdrukking. Hazel Blomkamp gebruik in hierdie boek 'n groot verskeidenheid materiaal om tegnieke by te werk en borduurders te inspireer om binne die bree grense van kroelwerkstyle te eksperimenteer. Die oorspronklike ontwerpe sluit in: Projekte met krale en metaalgaring om sprankel en tekstuur te verleen; monochrome borduurwerk waarvoor verskillende soorte garing en krale, alles in dieselfde kleurskakering, gebruik word; tegnieke wat in naaldkantwerk gebruik word om die ontwerpe met tekstuur te definieer; tradisionele borduurwerk wat met satynsteek en die verskeie variasies van traliehegwerk interessant gemaak word. Die voltooide borduurwerk word op maniere ten toon gestel wat nie net mooi lyk nie, maar ook funksioneel is in die huis.

x