Skip to product information

Minder As Niks (Paperback)

Regular price R 350.00
Sale price R 350.00 Regular price R 350.00
Tax included.

Author: Irma Venter

Imprint: Tafelberg Publishers Ltd

ISBN: 9780624092292

Die gewese swemkampioen Ami Prinsloo weet nie hoekom Johan Botha, ’n maer man wat weens siekte pas uit die tronk vrygelaat is, juis vir háár vra om hom te help om sy onskuld te bewys nie. Drie dekades terug het Johan, oftewel die berugte balletmoordenaar, lewenslank tronkstraf gekry vir die moord op drie tienermeisies in Pretoria en Johannesburg.

Maar omdat Ami haar swembril vir altyd opgehang het nou ’n nuuskierige joernalis is wat ’n goeie storie van ver af kan ruik, stem sy in. Of dalk is dit omdat sy weet hoe dit is om iemand na aan jou te verloor en te besef dat die skuldige steeds op vrye voet is ...

Minder as niks is die eerste boek in ’n splinternuwe reeks deur die gewilde misdaadskrywer Irma Venter. Ná sewe krimi’s weet Venter hoe om ’n intrige te skep wat die leser tot op die laaste bladsy vasgenael hou.

READ MORE