Newman se Voëls Volgens Kleur (Sagteband)
PRE-ORDER NOW To be released on 31 May 2024. Please note your complete order will only ship once the Pre-order item becomes available.
Newman se Voëls volgens Kleur bied vir die beginnervoëlkyker ’n vinnige, eenvoudige manier om Suider-Afrika se algemeenste voëls volgens hul kleur te identifiseer. Die vierde uitgawe van dié nuttige geïllustreerde gids is bygewerk met die nuutste gewone voëlname, uitgebreide habitatinligting en die mees onlangse verspreidingkaarte. Die leersame inleiding bevat praktiese wenke oor die uitken van voëls, inligting oor voëlanatomie en -klassifikasie, en raad oor waar om vir voëls te soek en wat jy op só ’n uitstappie moet inpak.