Nora die Angora en die yslike BOK-bohaai
Regular price
R 180.00
Sale price
R 180.00
Regular price
Unit price
/
per
Tax included.
Author: Lenka Knoetze
Imprint: Struik Agri
Binding / Format: Paperback / softback
Publisher: Penguin Random House South Africa
Page Count: 32
ISBN: 9781779891136
Ontmoet vir Nora, 'n stoute jong bokkie wat altyd moles maak op die plaas. En dis nie sommer enige plaas nie ... Nora woon op 'n angorabokplaas, waar hierdie spesiale diere aangehou word vir hul sagte, krullerige hare, bekend as sybokhaar. Suid-Afrika is die wereld se grootste produsent van hierdie natuurlike vesel.
Wanneer klein Nora op skeerdag op die verkeerde bakkie spring, word sy weggevoer op 'n wilde reis deur die Karoo, met die plaaskinders kort op haar hakke. So sien hulle Suid-Afrikaanse boerdery soos nog nooit tevore nie: alles van sjarmante skou-angoras wat met sjampoe gewas word tot geharde veldbokke wat teen kranse uitklouter op soek na 'n happie.
Deur die woelige, snaakse storie is daar ook stukkies inligting vir nuuskierige jong lesers ingeweef: Hoekom dra brandbestryders bokhaarsokkies? Hoe smaak bokmelk?
Hierdie komiese verhaal is ryk geillustreer en trots Suid-Afrikaans. Die leesvlak en inhoud stem ooreen met die Nasionale Kurrikulum se Grondslagfase CAPS (Afrikaans en Lewensvaardighede), hoewel jonger kinders ook die verhaal, visuele elemente en humor sal geniet.
READ MORE
