Skip to content

Onthou Is Die Dag Wat Breek (Paperback)

by Alwyn Roux, Neil Cochrane
ISBN: 9781997476337
Product in Stock: Yes
Original price R 295.00 - Original price R 295.00
Original price
R 295.00
R 295.00 - R 295.00
Current price R 295.00
Add to Wishlist
Lina Spies is een van die bekendste en mees geliefde Afrikaanse digters met ’n goue oes van ikoniese gedigte soos “Op die dood van Riëtte”, “’n Paternoster vir Suid-Afrika”, “Lied van die kinders” en “Rembrandt”.

Ons is oortuig dat die eerbaarste eerbetoning betuig word deur die poësie van mededigters.

Die bundeltitel is ontleen aan ’n versreël uit een van Spies se verse, naamlik “Kringloop” (opgeneem in Sulamiet, 2016) en dui op die samevoeging tussen herinnering en voortsetting. In elkeen van die vier en vyftig opgenome gedigte is sprake van aanknopingspunte. Sommige verse tree op ’n duidelik aantoonbare wyse in gesprek met spesifieke gedigte van Spies. Benewens direkte ruggespraak sluit sommige verse ook op ’n subtieler en wyer omskrewe wyse aan by tematiese kodes in Spies se repertoire soos kinders, katte, kunstenaarskap en die dood.

Ons hoop dat hierdie huldigingsbundel poësielesers sal aanmoedig om met hernude belangstelling die digkuns van Lina Spies te verken en haar blywende impak op die Afrikaanse digkuns in oënskou te neem.

x

x