Skip to product information

Oor die Kole (Paperback)

Regular price R 494.99
Sale price R 494.99 Regular price R 495.00
Tax included.

Author: Martelize Brink

Imprint: Human & Rousseau (Pty) Ltd

ISBN: 9780798182485

In Oor die kole wys Martelize Brink dat braai soveel meer as net steaks en boerewors is. Dié boek bevat liplekker resepte wat wissel van die perfekte tjoppie tot potbrode en slaai – en ja, jy kan slaai braai! Martelize deel gunstelinge waarmee sy grootgeword het en verskaf ’n magdom uithaler-resepte met ’n kinkel wat jou smaakkliere sal prikkel. Sy gee raad oor potjies, roosters en basiese braaitegnieke. Daar is onder meer resepte vir gerookte ribbetjie, eend met sjerrieglaseersel, gevulde lamsrol, platbrood in die ketelbraai en haar pa, potjiekos-koning Matie Brink, se gewildste afvalpot. Natuurlik is daar ook iets vir die soettand – alles oor die vuur!
READ MORE