Skip to content

Pharos Tweetalige Skoolwoordeboek: Bilingual School Dictionary (Paperback)

by Pharos
ISBN: 9781868902590
Product in Stock: Yes
Sold out
Original price R 180.00 - Original price R 180.00
Original price
R 180.00
R 180.00 - R 180.00
Current price R 180.00
Die gewilde Pharos tweetalige skoolwoordeboek is ’n omvattende hulpmiddel wat ontwerp is vir leerders van Afrikaans en Engels.

Die woordeboek is grondig hersien en nuwe woorde en frases van die afgelope dekade is bygevoeg. Dit bevat sowat 12 000 trefwoorde met vertalings en voorbeelde en 8 000 afleidings met vertalings. Die woordeboek is geskik vir leerders wie se moedertaal of addisionele taal Afrikaans of Engels is.

Gebruikers kry leiding oor:
  • woordverdeling en klem
  • volledige woordsoorte
  • verbuigings: trappe van vergelyking, attributiewe
  • vorm, meervoud, verkleinwoorde, deeltjiewerkwoorde, verlede tyd
  • verskillende betekenisse met vertalings en voorbeeldsinne
  • sinonieme, antonieme, homonieme en homofone
  • woordfamilies (afleidings) met woordsoorte en vertalings
  • frases en uitdrukkings
  • inligtingskassies met inligting oor spelling en taalgebruik.

’n Bylaag met idiome en spreekwoorde maak dié woordeboek ’n alles-in-een-naslaanbron.

x

x