Skip to product information

Seeperde (Paperback)

Regular price R 160.00
Sale price R 160.00 Regular price R 160.00
Tax included.

Author: Naomi Meyer

Imprint: Pan Macmillan

ISBN: 9781776252978

As mens die eerste keer vir Billy sien, sal jy dink hy's net 'n perd. 'n Bruin perd met 'n wit vlek tussen die oe. Maar Stella weet van beter. Wanneer sy op Billy se rug klim en deur die woud galop, is alles net perfek! Sy kan nie wag om na skool saam met haar maat Mira by die pragtige perdryskool langs die see te gaan ry en nuwe toertjies te leer nie.

Maar tannie Lara, die eienaar van die perdeplaas, het 'n geheim ... 'n geheim wat die einde van die kinders se perdrylesse kan beteken. Wanneer Stella uitvind wat dit is, moet sy baie vinnig 'n plan beraam om haar geliefde perdryskool te red. Kan die interessante nuwe musiekjuffrou by die skool dalk help? Hoekom voel dit asof die nare Runette alles probeer bederf? Gelukkig het Stella en Mira 'n plan, 'n plan wat almal op die dorp se asem sal wegslaan.
READ MORE