Skip to content

Sprokie-Perde Omnibus (Paperback)

by Karen King
ISBN: 9781928446125
Product in Stock: Yes
Save 50% Save 50%
Original price R 220.00
Original price R 220.00 - Original price R 220.00
Original price R 220.00
Current price R 110.00
R 110.00 - R 110.00
Current price R 110.00
Add to Wishlist

Ontmoet vir Aandster, Sprakel, Krulkop en Vonkel in hierdie vier pragsprokies vol vriendskap en avontuur.

Vonkel is die kleinste eenhorinkie in die Wonder-Woud. Almal se sy's te klein om te help bessies soek, en te klein om speletjies te speel. Maar Vonkel is moeg daarvan om altyd eenkant toe geskuif te word. Op 'n dag besluit Vonkel om te wys hoe dapper sy is. Op haar eie gaan verken sy die diepste deel van die woud.

Aandster is 'n vlieënde perdjie wat by die see woon. Hy en sy maats duik en speel graag tussen die wolke bo die strand. Op 'n aand kry Aandster 'n gestrande meermin op 'n rots. Hy wil haar help, maar om haar te red, moet hy iets doen wat hy nog nooit gedoen het nie. Sal hy dit regkry om oor die groot, wye oseaan te vlieg?

Daar's groot opgewondenheid in Feetjiedal. Dis amper tyd vir die Hoogsomer-bal. Al die feeperdjies is gretig om uit te vind wie van hulle Feëkoningin se goue koets gaan trek. Krulkop wil só graag gekies word, maar sy's nie so sierlik en elegant soos die ander feeperde nie. Haar droom lyk buite bereik ...

Sprankel het baie maatjies op die koraalrif waar sy woon, maar sy wil só graag 'n ander seeperdjie ontmoet - 'n maatjie net soos sy ... Sy begin in die wye oseaan na 'n seeperdjie-maatjie soek, maar niemand het al een gesien nie! Dan verander alles toe sy 'n vis-nar help ...

x

x