Skip to content

Theseus

by Lapa Publishers
ISBN: 9781776354436
Product in Stock: Yes
Original price R 160.00 - Original price R 160.00
Original price R 160.00
R 160.00
R 160.00 - R 160.00
Current price R 160.00
Add to Wishlist
Hy is sterk en slim.
Hy is reg vir avontuur.
Hy hou nie van boelies nie.
Hy is ’n seun wat sonder ’n pa grootgeword het.
Maar hy gaan nou sy pa vir die eerste keer ontmoet.

Sy naam is Theseus en hy verslaan boewe.

Theseus is ’n superheld wat in Antieke Griekeland geleef het. Hy het sonder ’n pa grootgeword maar op sy agtiende verjaarsdag vertel sy ma vir hom dat sy pa eintlik ’n koning is wat hom nie wou gehad het nie. Die enigste manier om sy pa oor te wen, is om ’n paar sandale en swaard wat onder ’n reuseklip versteek is aan sy pa te vat. Sy pa soek ’n seun wat sterk en magtig is. Met sy superkrag kry Theseus die sandale en swaard en beplan om sy pa te gaan ontmoet, maar die pad soontoe is besonders gevaarlik. Theseus moet ’n klomp boewe verslaan en uiteindelik word hy bekend vir sy krag en goeie dade.

x