Skip to product information

Trompie Omnibus 2 (Paperback)

Regular price R 235.00
Sale price R 235.00 Regular price R 235.00
Tax included.

Author: Topsy Smith

ISBN: 9780798163965

Nóg drie stories uit die gewilde Trompie-reeks. In Trompie die hoërskoolseun begin die nuwe skooljaar en Trompie, Blikkies, Dawie en Rooie gaan hoërskool toe. Die vier moet gewoond raak aan nuwe reëls, nuwe onderwysers en ouer boelies wat poetse vir hulle bak. In Trompie die dromer word die Boksombende bedreig – deur ’n meisiekind! Trompie, die Grootkaptein en meesterlike planmaker, is smoorverlief en sit heeldag net en droom. En in Trompie die speurder kom Trompie en Rooie op skelms af wat fietse steel. Trompie agtervolg hulle en beland in ’n groot penarie. Die ondeunde Trompie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksombende se avonture meegevoer word.

READ MORE