Skip to content

Vleisfees op Karibib (Paperback)

by Isa Konrad
ISBN: 9781776352517
Product in Stock: Yes
Original price R 290.00 - Original price R 290.00
Original price R 290.00
R 290.00
R 290.00 - R 290.00
Current price R 290.00
Add to Wishlist
Liefde en dood loop hand aan hand deur die woestyn.

Ná haar egskeiding keer Alet Snyman terug na Karibib toe om die drade wat sy aan die begin van die jaar daar laat lê het, weer op te tel. Haar terugkoms val saam met die jaarlikse Vleisfees, maar toe sy eers daar is, is haar nuwe lewe allesbehalwe ’n fees. Sy het ’n man se loopbaan verongeluk – ’n man vir wie sy omgee ook nog.

Erika Schultz, die Herero-vrou wat haar aan die begin van die jaar onder haar vlerk geneem het, wil haar nie meer daar hê nie. En toe sy haar eerste konsert op Karibib bywoon, sterf die hoofkunstenaar in die middel van die vertoning.

Inspekteur Con Dorfling, bevelvoerder van Karibib polisie, het pas ’n dissiplinêre verhoor weens aanranding agter die rug. Hy word ’n proeftyd van ses maande opgelê, waarna sy pos geherevalueer sal word. Con is nog in Windhoek, sy vonnis nog nie koud nie, toe hy die nuus uit Karibib kry dat ’n bekende sanger uit Duitsland op sy dorp vermoor is. Ook dat Alet Snyman terug is en by was toe dit gebeur het. Hulle sê rampe gebeur in drieë en dit is die derde keer wat sy Karibib toe kom. Dus moet dit hom eintlik nie verbaas nie. Want waar Alet gaan, volg moord en doodsake.

x