Waar Bloed Kruip (Paperback)
Met haar aankoms by Noordeberg Hospitaal is Lola Anley aangenaam verras om aangewys te word as een van die topmediese studente wat blyplek in die gesogte Straumann Huis kry.
Maar haar opgewondenheid is van korte duur wanneer sy uitvind dat sy in die kamer gaan bly van ’n student wat ’n jaar gelede op die kampus vermoor is. Die raaisel rondom Asher Parker se dood is nooit opgelos nie en die moordenaar is nog op vrye voet.
Wie het vir Asher vermoor en hoekom? En waarom voel dit asof iemand Lola dophou en wag vir die regte oomblik om toe te slaan?
In die Straumann Huis begin vreemde dinge gebeur. Boonop word Lola se slaap versteur deur drome oor haar oorlede tweelingsuster. Om al die spoke ter ruste te lê móét sy die geheim van Asher se moord ontrafel – sónder dat iemand die waarheid oor haar eie verlede leer ken.
Waar bloed kruip is Marieta Carrick se debuutroman, nou heruitgegee. Die gebeure vind plaas voor dié van haar gewilde Bloed van ’n vlinder.