Skip to content

Weerlose Meganika (Paperback)

by Anton Roodt
ISBN: 9780624091356
Product in Stock: Yes
Save 30% Save 30%
Original price R 320.00
Original price R 320.00 - Original price R 320.00
Original price R 320.00
Current price R 224.00
R 224.00 - R 224.00
Current price R 224.00
Add to Wishlist
Dis iewers in die nabye toekoms. Kolonel “Rooipiet” Moolman se lieflingprojek is die jaarlikse Versoeningsfees­opvoering, ’n eietydse weergawe van die Slag van Bloedrivier, wat by ’n inryteater bo­op Welkom se mynhoop gehou word. Enkele seisoene tevore is ’n merkwaardige vonds gemaak: ’n koperplaatfoto wat tydens die destydse veldslag geneem is . . en dit wys drie engele teen die oggendmis!

Net daar besluit Rooipiet dat die engele deel moet word van sy toneelstuk. Die neerdaal van die engele word die hoogtepunt van die opvoering, en vanjaar is daar ’n spesiale engel wat almal se asem wegslaan. Rooipiet is heimlik verlief op haar. Toe sy egter tydens die kleedrepetisie oënskynlik vermoor word en die koperplaatfoto boonop verdwyn, word Rooipiet se kultuurryk tot in die fondamente geskud.

En hiervandaan raak die intrige net méér interessant. Weerlose meganika is ’n heerlik aweregse roman, sowel ryke verbeeldingsvlug as skerp satire.

x