Woestynroos (Paperback)
Haar pa is ’n man van Duitse deeglikheid – maar verhard en ’n onverbiddelike heerser oor sy vrou en kinders. Daarom het Kato besluit die romantiek van ’n huwelik sal nie vir haar werk nie, nie eens ’n huwelik met haar beste vriend Stef nie. Wat Stef wel kan doen, is om haar hartsbegeerte te help vervul: ’n kind. En waarom nie? ’n Kind is ook sy groot droom en ook hy het besluit ’n huwelik met ’n vrou wat van hom afhanklik raak, is nie vir hom nie.
Vir Stef, ’n man wat weet hoe om van vroue te kry wat hy wil hê en dan sorgeloos sy lewe voort te sit, werk dit perfek. Ook vir Kato, ’n beroepsvrou wat nog nooit weerloos gevoel het nie.
Waarmee hulle nie rekening gehou het nie, is die oeroue instink wat by ouers ontwaak: om te beskerm en beskerm te word. Voeg daarby ’n buite-egtelike verbintenis waarvan al twee nou eers uitvind ... Maar dis te laat om hulle ooreenkoms verbeurd te verklaar.