Skip to product information

Lag Jou Sokkies Af!

Regular price R 100.00
Sale price R 100.00 Regular price
Tax included.

Author: Jaco Jacobs

Binding / Format: Paperback / softcover

ISBN: 9781779992420

Waar bêre sokkies hul geld?
In ’n toonbank.

Hoe keer jy dat ’n olifant deur ’n sleutelgat klim?
Maak ’n knoop in sy stertjie.

Wat het die wind gesê toe hy die see sien?
Niks, hy het net gewaai.

Kom lag jou sokkies af met dié splinternuwe versameling grappies deur Jaco Jacobs! Daar is klop-klop-grappies, aartappelgrappies, Frikkie-grappies, olifantgrappies … en grappies oor sokkies!

Die gewilde kinderboekskrywer Jaco Jacobs het oor die jare talle grappieboeke die lig laat sien. Kinders kan nie genoeg kry van sy lawwe grappies nie. Waar jy ook kom, sal jy kinders met van sy grappieboeke sien – besig om mekaar te laat skater van die lag. Dié splinternuwe grappieboek is die perfekte metgesel as jy langpad ry, langs die sportveld wag, of pousetyd jou maats wil laat skater!

Op ’n ernstiger noot: Jaco glo grappieboeke is nie NET pret nie – dit is ook ’n fantastiese manier om trae of sukkelende lesers se leesvrees te bowe te kom. “Ek het nog altyd geglo die pad na ’n jong lesers se hart loop dikwels deur sy lagspiere,” sê Jaco. “Grappies is kort en maklik om te lees – en dit is boonop ’n fantastiese manier om woordeskat én leesselfvertroue te bou. In dié boek is ’n klomp van my gunsteling-grappies wat ek as kind vertel het, grappies wat ek self uitgedink het, asook grappies wat ek oor die jare raakgelees of by my eie kinders én ander kinders gehoor het.”
 
READ MORE