Skip to product information

Plaasdiere van Suid-Afrika

Regular price R 180.00
Sale price R 180.00 Regular price
Tax included.

Author: Helene Booyens

Imprint: Struik Agri

Binding / Format: Paperback / softback

Page Count: 48

ISBN: 9781779890399

Plaasdiere van Suid-Afrika is 'n vrolike prenteboek van 'n splinternuwe druknaam, Struik Agri. Dit stel jong lesers voor aan die vele plaasdiere - groot en klein - wat in die veld loop, in die kraal staan of in die hoenderhok skrop. Jong lesers ontmoet 'n woelige versameling van meer as 60 diere - van sagte skape en besige bokke tot kleurvolle koeie, parate plaasbrakke en klein kapok-hoendertjies. Feitebrokkies word vergesel deur volkleur-illustrasies en foto's, en bou die jong leser se kennis oor plaasdiere en die lewe op Suid-Afrikaanse plase. Die boek se oulike uitleg maak dit lekker om oor die landbou te leer. Plaasdiere van Suid-Afrika is gemik op kinders onder sewe, en sal beslis plaaskinders en stadsjapies se liefde vir diere en die platteland aanmoedig. Propvol unieke Suid-Afrikaanse diererasse: Nguni * Afrikaner * Ankole * Drakensberger * Tuli * Bonsmara * Dorper * Persie * Van Rooy * Boerbok * Kalahari Red * Veldbok * Potchefstroom Koekoek * Boschvelder * Volstruis * Boerperd * Basuto-ponie * Nooitgedachter * Kolbroek * Boerboel
READ MORE